Plaas 'n advertensie

KAROOPLAAS TE KOOP. Kareebospoort, Britstown-distrik, Noord-Kaap. Grootte: 4 331,87 ha. Geen woonhuis. Nuwe 3-vertrek-werkershuis. 15 kampe met een of twee waterpunte, 12 windpompe met volledige rekord oor elke pomp, 3 groot damme, asook 14 x 5 000 l-JoJo-tenks wat water voorsien aan kampe. Stel hoofkrale en drie stelle krale in veld (alles pypkrale). Buiteheinings is goed en binnekampe gewone 7- en 8- staaldraad en doringdraad. Kan gekoop word as 'n lopende saak. Plaas: R11 miljoen. Dorperstoetooie (met lam of dragtig) teen R2 500 elk. MF 135-trekker met wa, R65 000. 2 mak plaasryperde met volledige toerusting, R6 000 elk. Skakel Neels Grobbelaar, 082 801 5708.

22 Februarie 2021

Terug na bo