Plaas 'n advertensie

PLAASWERKTUIGKUNDIGEVEREISTES: Gekwalifiseerde, betroubare, gelowige en hardwerkende werktuigkundige wat eerlik en pligsgetrou is. Passie om trekkers en trokke op tyd te diens, in stand te hou en so as gou moontlik te herstel. Moet 'n verantwoordelike persoon wees wat kan raakvat, planne maak en sorg dat die werk loop. Moet onafhanklik en selfstandig instandhouding en diens kan doen. Kode 14-swaarvoertuigrybewys is belangrik. Sy werk moet vir hom 'n uitdaging wees en hy moet dit geniet om homself te bewys. Hy moet gesond wees en glad nie rook nie. Moet tussen die ouderdom van 30 en 55 wees. Moet goeie arbeidsverhoudinge hê en in staat wees om met mense te kan werk, sodat almal graag saam met hom wil werk. Bo-markverwante salaris met behuising word aangebied. Sluitingsdatum: 15 Augustus 2018. Indien u nie van ons verneem nie, was u aansoek onsuksesvol. E-POS CV AAN: rekening@langplaas.co.za OF SKAKEL PEET, 079 877 8879 LANGPLAAS BOERDERY BK BRITS, NOORDWES

18 Julie 2018

Terug na bo