Plaas 'n advertensie

SENIOR PLAASBESTUURDER Langplaas Boerdery nooi bekwame Christenmans (35 - 50 jaar) uit om aansoek te doen vir 'n senior produksiebe-stuurderspos! Hulle moet aan die volgende vereistes voldoen: B.Sc.-landbou-graad; minimum 10 jaar ondervinding van groenteverbouing. Betroubaar, vrolik, hardwerkend, eerlik, stiptelik, selfstandig en selfgedrewenheid sal die persoon be-skryf. Sy menseverhoudinge en -bestuur moet baie goed wees. Hy moet gou en gretig wees om te leer en die vermoë besit om onder baie druk te kan werk om ook doelwitte tydig te bereik. 'n Passie vir landbou is vanselfsprekend. Behuising en 'n markverwante salaris word voorsien. Manne wat 'n langtermynloopbaanvisie het, kan ons graag nader. Sluitingsdatum: 31 Maart 2019. Indien u nie van ons verneem nie, was u aansoek onsuksesvol. E-POS CV'S AAN: rekening@langplaas.co.za

18 Maart 2019

Terug na bo