Plaas 'n advertensie

EIERPLAASBESTUURDEROns verlang die dienste van 'n kundige, ervare en toegewyde betuurder wat verantwoordelik sal wees vir die doeltreffende algehele bestuur van een van ons eierproduksie-eenhede. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir alle fasette van die eenheid, wat o.a. insluit produksiebestuur, dieregesondheid en voeding, voorraadbeheer, personeelbestuur, uitgawebeheer, instandhoudingsbestuur, ens. Persone met 'n tersiêre kwalifikasie in die landbou- en/of ondervinding van die eierbedryf sal voorkeur geniet. Hierdie is 'n senior pos en 'n gevestigde, verantwoordelike persoon met bestuursondervinding, sober gewoontes en wat verder beskik oor uitstekende menseverhoudings word benodig. Die pos is in die Klerksdorp-omgewing en ons bied 'n onderhandelbare, markverwante vergoedingspakket aan. E-POS ASB. U CV AAN: suzette@joubertgroup.co.za

11 Februarie 2019

Terug na bo