Plaas 'n advertensie

1 906 ha- EN 641 ha-THABAZIMBI-WILD/BEESPLASE per openbare veiling op Vrydag, 13 September 2019, om 12:00, op die plaas Hartebeesbult, namens Allen du Buys-trust. Voorheen een van die beste stoetbeesplase in die Bosveld. (1) 1 906 ha. Praggasteplaas met praguitsigte op die Kransberge. Baie goeie gespaarde weiding. Grasdakhuis met 2 onthaalareas. 3 woonstelle en 1 rondawel. Pragtuin met swembad. Slagkamer met instapyskas. Groot stoor. Grens aan Marakele- Nasionale Park. 4 boorgate. Verdeel in kampe. Ten volle omhein met wildomheining. Rooibokke, koedoes, vlakvarke en kleiner wild. Beeshanteringsgeriewe. (2) 641 ha. Praguitsigte op die Kransberge. Baie goeie ge-spaarde weiding. 2 huise en stoor. 1 sterk boorgat met groot dam. Veehanteringskrale en voerkraal. Toegespan met buitedrade en vorm 'n eenheid met Hartebeesbult. Plase word afsonderlik en gesamentlik opgeveil. Roete: Ry vir 3,5 km deur Thabazimbi met die Alma-pad; plaas op linkerkant. Volg pad vir 3 km tot by hoofopstal. S24°33'32.7"/O27°26'17.7". Sien www.plase.co.za. 7,5%-deposito, plus 7% afslaerskommissie en waarborge binne 90 dae. Navrae: bel Clive Gardner Afslaers, 018 290 9610; Hendrik Nel, 082 491 8289 of Dandré Nel, 076 503 7900.

19 Augustus 2019

Terug na bo